Ondersteun Kankeroorwinnaars tydens KANSA se ‘Cuppa For CANSA’ Seisoen

English Media Release

20 Junie 2018 – KANSA is opgewonde om aan te kondig dat KANSA se 2018 ‘Cuppa For CANSA’ veldtog in Junie 2018 afskop. Die veldtog sal voortduur tot 31 Oktober 2018. Deur ‘n Cuppa geleentheid aan te bied of by te woon, help lede van die publiek om geld in te samel om almal wat deur kanker geraak word, te help. Die geld wat deur Cuppa For CANSA ingesamel word, word gebruik vir die versorging en ondersteuningprogramme vir kankeroorwinnaars.

“Die aanbieding van ‘n Cuppa geleentheid bied aan almal die geleentheid om te ontmoet en om lekker saam te kuier vir ‘n goeie en lofwaardige doel. Die samekoms kan groot of klein wees; met familie, vriende of kollegas; en kan aangebied word by enige kuierplek. Dit bied ook aan die gasheer of –vrou die geleentheid om hul individuele en unieke styl en kreatiwiteit te gebruik, uit te leef en ten toon te stel,” sê KANSA se Hoof van Volhoubaarheid, Maria Scholtz.

KANSA is dankbaar dat Five Roses aan boord gekom het as die amptelike vennoot wat tee verskaf vir Cuppa For CANSA 2018. Five Roses het ‘n spesiale en beperkte versameling van ‘Smooth Ceylon Blend 52’ pakke ontwerp en beskikbaar gestel vir Cuppa For CANSA 2018. Die pakkies tee sal versier word met ‘n pienk of blou KANSA lint. Vir elke pak tee wat verkoop word, skenk Five Roses R1 aan KANSA. Hierdie spesiale pakke Cuppa For CANSA tee sal beskikbaar wees en kan gekoop word by alle kleinhandelaars. Die veldtog strek vanaf Vrouemaand in Augustus tot en met Oktober wanneer KANSA ‘n veldtog oor die Bewusmaking van Borskanker loods.

Cuppa Kentekens ‘I splashed out HOPE’

“Vanjaar kies ons die beste Cuppa geleentheid of aanbieding per streek en streekswenners sal elkeen ‘n spesiale Five Roses geskenkpak ontvang. ‘n Beperkte hoeveelheid voorskote en oondhandskoene wat spesiaal vir die geleentheid ontwerp is, sal as pryse gegee word aan die beste Cuppa resepte wat ontvang word. Ons moedig gashere en –vroue aan om gesonde kos en drinkgoed aan te bied by hul Cuppa funksies omdat KANSA ‘n gebalanseerde en gesonde leefstyl voorstaan. ‘n Gesonde dieet verminder die risiko van kanker, ” voeg Scholtz by.

Chaine Des Rotisseurs en Megan Pentz-Kluytz, KANSA se konsultant dieetkundige, het heerlike en gesonde resepte beskikbaar gestel. Hierdie resepte is beskikbaar by www.cuppa.org.za en sal gashere van Cuppa For CANSA funksies aanspoor om dadelik te begin bak en brou. As jy ‘n Cuppa geleentheid wil aanbied, kontak jou plaaslike KANSA SorgSentrum om pakkette vir gashere en –vroue te ontvang. Kontak dan al jou kontakte en nooi hulle uit om jou spesiale Cuppa funksie te ondersteun. Spesiale Cuppa bekers word verkoop vir R50 elk en kentekens met die woorde: ‘I splashed out Hope’ kan ook deur die gasheer of –vrou of lede van die publiek gekoop word. Die bekers en kentekens sal jou herinner aan die spesiale Cuppa funksie wat jy ondersteun of aangebied het,” voeg Scholtz by.

Korporatiewe maatskappye en ander wat graag ‘n Cuppa vir ‘n goeie doel wil drink word aangemoedig om die datum van 3 Augustus 2018 in hul dagboeke aan te teken. Op die dag word die eerste ‘Nasionale Cuppa For CANSA Dag’ ooit aangebied. KANSA daag die werkgemeenskap uit om te ‘Bederf Met Hoop’ en om sodoende bewustheid te verhoog vir almal wat deur kanker geraak word. Neem foto’s van jou spesiale Cuppa funksie en deel dit met ander op KANSA se Nasionale Facebook bladsy – CANSA The Cancer Association of South Africa. Besonderhede rakende deelname sal nader aan die tyd beskikbaar gestel word.

Scholtz voeg by: “Ons sorg- en ondersteuningsprogramme wat aan kankeroorwinnaars (pasiënte), versorgers en geliefdes verskaf word en beskikbaar is by meer as 28 KANSA SorgSentrums landswyd, is afhanklik van die fondse wat ingesamel word deur ons Cuppa-veldtog. Ons diens bereik 300 gemeenskappe landswyd en help jaarliks 50 300 mense wat deur kanker geraak word. Die fondse word gebruik vir opvoeding, sifting, berading, ondersteuninggroepe, pruike, prosteses, die verhuring van mediese toerusting, tuisversorging, hulp met die versorging van wonde en stomaklinieke. Wat kan meer bevredigend wees as tyd wat saam met vriende, familie en kollegas geniet word tydens ‘n Cuppa as jy weet dat jy terselfdertyd Hoop Versprei aan hulle wat in ‘n geveg teen kanker betrokke is?”

Vir meer inligting skakel asseblief vir Maria Scholtz, Hoof: Volhoubaarheid by KANSA. Stuur ‘n epos aan mscholtz@cansa.org.za of skakel 083 280 0725.

Meer Oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk.

Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom.

Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte plus een hospitium in Polokwane, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

Vir meer inligting besoekwww.cuppa.org.za of  www.cansa.org.za, of kontak KANSA tolvry by 0800 22 66 22 of of stuur ‘n epos na info@cansa.org.za – volg KANSA op Twitter, Facebook, en Instagram. KANSA bied veeltalige ondersteuning aan op  Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir Xhosa, Zulu, Sotho and Siswati.

DO YOU HAVE A QUESTION?
 

Ask CANSA