25 Junie 2019 – Die ‘Cuppa For CANSA’ seisoen in 2019 strek vanaf Junie tot Oktober en KANSA nooi mense uit om ‘n Cuppa geleentheid of onthaal aan te bied. Dit bied vir kankeroorwinnaars en versorgers ‘n platform om hulle stories met ander te deel en om ‘Hoop’ te gee aan ander wat deur kanker geraak is. Die veldtog moedig almal aan om ‘n koppie van hul gunsteling drankie te drink ter ondersteuning van ‘n goeie doel om sodoende ‘n donasie aan KANSA te kan skenk.
Maria Scholtz, voormalige KANSA se hoof van Volhoubaarheid, sê: “Ons tema vir 2019 is #MyCuppaMyStory. Dit skep ‘n platform en ‘n geleentheid vir kankeroorwinnaars (pasiënte) en versorgers om hul stories met ander te deel en om ander met “Hoop” te inspireer. Lees meer oor KANSA se ‘Global Heroes of Hope’. Hulle kry die geleentheid om te wys hoe ander mense wat met kanker gediagnoseer is teen kanker baklei het tydens hulle reis met die siekte. Ons erken ook die ondersteuning wat versorgers aan pasiënte bied wat met kanker gediagnoseer is. Gedurende ons Cuppa Veldtog poog ons dat die stemme van kankeroorwinnaars gehoor sal word en om hulle met ‘Hoop’ te inspireer.”
KANSA se doel is om gemeenskappe te motiveer om betrokke te raak deur te help om tydens ‘n CUPPA geleentheid fondse in te samel wat gebruik sal word vir die ondersteuning van kankerpasiënte en om programme beskikbaar te stel by KANSA SorgSentra landwyd. Dienste wat deur SorgSentra aangebied word sluit opvoeding, vroeë opsporing deur middel van siftingstoetse, berading, ondersteuningsgroepe, pruike, prosteses, verhuring van mediese toerusting, hulp met die versorging van wonde en stomaklinieke in.
“Mense wat CUPPA geleenthede wil aanbied kan by hul plaaslike of naaste KANSA SorgSentra registreer en pakkette vir gashere en –vroue ontvang. Hulle kan hulle kontakte nader en hulle uitnooi na die geleentheid. Nooi ‘n kankeroorwinnaar of versorger uit om hulle reis met kanker en hul stories met ander te kom deel. ‘n Gasheer kan ook ‘n ‘virtuele’ Cuppa aanbied en boodskappe van hoop en aanlyn donasies op KANSA se webwerf plaas. Spesiaal gemerkte Cuppa-bekers (R50) elk kan ook deur aanbieders van Cuppa funksies by SorgSentra gekoop word om verkoop te word as ‘n spesiale aandenking,” voeg Scholtz by.
Meer oor KANSA
KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 12 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.
Navrae KANSA
Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. Benewens aanlynhulpbronne en Facebook-ondersteuningsgroepe bied KANSA ook veeltalige ondersteuning aan op WhatsApp: 072 197 9305 vir Engels en Afrikaans en 071 867 3530 vir Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati. Volg KANSA op Twitter: @CANSA , sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica en LinkedIn.