KANSA hou jaarliks die gewilde Cuppa For CANSA (Cuppa)-veldtog regoor Suid-Afrika. Die doel is om gesellig te verkeer en tyd met familie, vriende of kollegas by ’n Cuppa-geleentheid te spandeer en terselfdertyd geld vir KANSA in te samel om sodoende hul sorg en ondersteuningsdienste voort te sit vir diegene wat deur kanker geaffekteer word. Deelnemers kan self so ’n Cuppa-geleentheid hou of dit as ’n gas bywoon.
#CuppaForCANSA, #CANSACares, #CANSACareAndSupport, #TimeToTakeHeartTogether, #FiveRosesSA
Die tema vir vanjaar se Cuppa is ‘Spandeer Saam Hartstyd’ of ‘Time To Take Heart Together’. KANSA se Nasionale Volhoubaarheidsbestuurder Anita Snyders verduidelik, “Na twee jaar van virtuele Cuppa-geleenthede is ons baie opgewonde om met geliefdes, vriende en kollegas bymekaar te kom. Dis nie net om tyd saam te spandeer nie, maar ook om ons harte te wys deur die geveg teen kanker te ondersteun.”
Die tema het ook ’n dieper betekenis wat die mag van samesyn verteenwoordig. “Kanker is nie ’n siekte wat mens alleen kan beveg nie, en kankerpasiënte (Oorwinnaars), geliefdes en versorgers benodig ons ondersteuning en aanmoediging,” voeg Snyders by.
“KANSA nooi jou uit om jou eie Cuppa-geleentheid te hou. Die eerste stap is om op die Cuppa for CANSA-webwerf as gasheer of -vrou te registreer of ’n e-pos aan adewitt@cansa.org.za te stuur – registrasie is oop vir individue en besighede. ’n KANSA personeelvennoot sal jou kontak om jou geleentheid se besonderhede soos die datum en plek te bespreek, asook of jy wil reël dat ’n kankeroorwinnaar of bekende gasspreker daar optree. Die personeellid sal jou ook met uitnodigings en die relevante bemarkingsmateriale help,” voeg Snyders by.
Gashere en -vroue kan geleenthede hou onder vanjaar se tema ‘Spandeer Saam Hartstyd’ of ‘Time to Take Heart Together’ en kan KANSA se aanlyn ondersteuningsgroepe en hulpbronne deel om diegene wat deur kanker geaffekteer word te bemoedig. KANSA is daartoe verbind om diegene wat kanker in die gesig staar van inligting te voorsien, asook daaglikse hulp en die emosionele ondersteuning wat hulle in die gemeenskappe waar hulle woon benodig. KANSA se doel is om te verseker dat kankeroorwinnaars en hul geliefdes nie kanker alleen in die gesig staar nie; dit is hier om hulle deur elke stap van die siekte te ondersteun.
Gashere en -vroue kan ook hulle eie temas kies, of Cuppa gebruik om ’n spesiale dag te vier deur byvoorbeeld ’n ‘Verjaardag-Cuppa’ of ‘Vrouedag Cuppa’ te hou. Die gashere en -vroue kan self besluit hoe hulle dekor, drankies en peuselhappies by die tema aansluit.
KANSA wil vir Five Roses as die amptelike teeborg vir Cuppa for CANSA bedank – hulle borg weereens tee vir elke geleentheid, skep bewusmaking deur middel van hul sosiale media platforms en borg pryse vir vanjaar se Gasvrou-kompetisie.
Beperkte uitgawe Cuppa for CANSA handelsware is te koop beskikbaar en maak die ideale geskenk vir Cuppa-gaste. Die 2022-Cuppa bekers is in vier pragtige kleure, verbind aan die tema, en kos R60 elk. Die pragtige hoofbedekkings kos R55 elk.
Cuppa gashere en -vroue kwalifiseer om vir die nasionale Cuppa for CANSA kompetisie in te skryf en staan die kans om fantastiese pryse te wen insluitend Body Kind sportbra’s geborg deur bounti, asook airfryers Die gasheer of -vrou wat die meeste fondse insamel wen ook ’n spesiale airfryer.
Snyders sluit af, “Dis geen wonder dat Cuppa For CANSA een van die hoogtepunte op die KANSA-kalender is nie. Die geleentheid bring mense op ’n prettige manier saam en gee aan hulle die geleentheid om ander te inspireer en ’n verskil te maak in die lewens van diegene wat deur kanker geaffekteer word deur ons sorg- en ondersteuningsdienste. Ons hoop dat jy vanjaar jou plaaslike Cuppa-geleenthede sal bywoon.”
(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof Bemarking, lbalona@cansa.org.za. Call 011 616 7662 or mobile 082 459 5230).